Welkom by

Proteahoogte Akademie
ToelatingKontak Ons
Tuis
Tuis

Meer oor ons

Op 21 Januarie 2015 het die hoërskool, Proteahoogte Akademie, het sy deure geopen vir leerders in Graad 8 en 9 en groei sedertdien van krag tot krag.
Hierdie dubbel-medium (Afrikaans + Engels) skool van die Wes-Kaapse Onderwys- departement is geleë in Hellingstraat, Proteahoogte, Brackenfell (aan die oostelike rand van die Kaapse Metropool) en grens aan die Wynlande, en het ‘n baie spesifieke fokus op Wiskunde en Wetenskap. Die Proteahoogte-gemeenskap is baie trots op ‘n skool wat al jare lank ‘n droom van die gemeenskap is. Nadat die konstruksie in 2013 begin het, het die gemeenskap met groot opwinding toegekyk hoe eers die gebou en daarna die personeel en leerders tot ‘n skool gegroei het wat na slegs na een jaar in die bedryf ‘n formidabele reputasie van uitnemendheid opgebou het.

WISKUNDE EN

WETENSKAP

Proteahoogte Akademie word aangewys as ‘n betalende (Kwantiel 5) Wes-Kaapse Departement van Onderwys skool. Die skool is akademies gefokus met die kernvakke Wiskunde en Wetenskap. Elke leerder verbonde aan die skool moet Wiskunde tot graad 12 neem, aangesien Wiskundige Geletterdheid nie hieraangebied word nie. Hierdie fokus op Wiskunde en Wetenskap skep kritiese denkers, verhoog wetenskaplike geletterdheid en skep die volgende generasie innoveerders.

Ons vra nie ons leerders wat hulle gaan word of wat hulle na afloop van hul skoolloopbaan gaan doen nie, maar eerder watter probleme hulle gaan oplos.

Tuis
Tuis

BYEENKOMSTE

Kliek op die onderstaande ” View Events “-knoppie om na ons Google Kalender te gaan, wat u sal wys watter opwindende gebeurtenisse vir die komende jaar by Proteahoogte Akademie te wagte is.

KONTAK ONS

PROTEAHOOGTE AKADEMIE

33 Helling Street, Protea Heights
Brackenfell, 7560
0219810021