WIE IS ONS

PROTEAHOOGTE AKADEMIE
TOELATINGSKONTAK ONS
Meer oor ons

MEER OOR ONS

Proteahoogte Akademie het sy deure in 2015 geopen. Ons is ‘n dubbelmediumskool (Afrikaans en Engels) met die fokus op Wiskunde en die Wetenskappe. Ons slagspreuk uit antieke Grieks, “Protos Akademeia” (eerste akademici), dien as kompas in alles wat ons by die skool doen. Ons benut tegnologie in die uitvoering van die kurrikulum en gebruik ondersoekgebaseerde leer om ons leerders voor te berei op loopbane waaraan nog nie eers gedink is nie.

ONS MISSIE

Om ‘n uitstekende opvoeding aan hoërskoolleerders van die groter Proteahoogte-area te verseker in ‘n dubbelmediumskool, met ‘n fokus op Wiskunde en Wetenskap

Ons VISSIE

Om wêreldwyd beter onderwys te verskaf, met die fokus op Wiskunde en Wetenskap, wat deur gevorderde tegnologie en wêreldklasfasiliteite ondersteun word – om goed gebalanseerde leerders, wat ‘n positiewe impak op die gemeenskap maak, te skep.

ONS NAAM

Die skool is in die hartjie van Proteahoogte geleë en dit was gepas om dit as deel van ons naam te gebruik; aangesien die inwoners van hierdie omgewing gewag dat ‘n skool gebou word op ‘n vakante stuk grond wat vir langer as 20 jaar in hul midde beskikbaar was.

Die woord “Akademie” in ons naam verteenwoordig ons ​​etos van leer, en is afgelei van die akademia in antieke Griekeland wat voortspruit uit die Atheense held, Akademos. Buite die stadsmure van Athene is die gimnasium deur Plato beroemd gemaak as ‘n sentrum vir leer. Plato ontwikkel sy sessies tot ‘n metode om filosofie te onderrig en vestig in 387 vC die hedendaagse Old Academy. Voorts beteken Academia die kulturele opbou van kennis, die ontwikkeling en verspreiding daarvan oor generasies heen en die beoefenaars en versenders daarvan. In die 17de eeu het Britse, Italiaanse en Franse geleerdes die term gebruik om soortgelyke instellings van hoër onderwys te beskryf.(Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Academia)

ONS WAPEN

Meer oor ons

Die voorstad Brackenfell is in 1913 gestig (die naam “Bracken” verwys na ‘n inheemse varing) en die varing is die middel van ons wapen geplaas om ons erfenis aan te dui.

N

DIE OOP BOEK

Die oop boek binne die wêreld dui op ons dors na leer en kennis wat ‘n positiewe uitwerking op ons wêreldwye gemeenskap sal hê.

N

DIE ATOOM

Die atoom en die simbool pi beklemtoon ons fokus op Wiskunde en die Wetenskap.

N

DIE GEEL LYNE

Die geel lyne in die wapen vorm ‘n driehoek, die mees stabiele vorm, wat aandui dat suksesvolle leer ‘n vennootskap tussen die leerder, ouer en die skool is.

Die strik onder die wapen herinner ons aan ons kern waardes:

FIDES (Geloof), BONITATEM (Goedheid), PERSEVERANTIA (Deursettingsvermoë)

Meer oor ons

ONS KENTEKEN

Die eerste leerlingraad (2015) en leerders het die kenteken ontwikkel. Die kenteken identifiseer ons as ‘n Wiskunde- en Wetenskapskool.

ONS KLEURHUISE

Meer oor ons

beta

Meer oor ons

gamma

Meer oor ons

rho

KONTAK ONS

PROTEAHOOGTE AKADEMIE

33 Helling Street, Protea Heights
Brackenfell, 7560

0219810021